Der Artikel ist weiterhin als ^^OTHERCONDITION^^ verfügbar.
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Anton Rupert: 'n lewensverhaal

 Ebook
Sofort lieferbar | Lieferzeit:3-5 Tage I
ISBN-13:
9780624063834
Einband:
Ebook
Seiten:
666
Autor:
Ebbe Dommisse
eBook Typ:
Adobe Digital Editions
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

Anton Rupert, magnaat en weldoener, was 'n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het. Tog sou sy Rembrandt Groep mettertyd wêreldbekend word, met handelsmerke soos Cartier, Dunhill, Rothmans en Montblanc. Binne dekades is 'n familiedinastie opgebou en was die Ruperts, naas die Oppenheimers, die rykste familie in Afrika.

Skrywer en koerantman Ebbe Dommisse het omvangryke navorsing gedoen en vele gesprekke gevoer met Rupert, sy familie en mense wêreldwyd wat hom geken het. Die resultaat is dié boeiende boek oor 'n Suid-Afrikaanse legende.
Die merkwaardige lewensverhaal van die Suid-Afrikaanse magnaat en weldoener dr. Anton Rupert word hier volledig en sonder doekies omdraai vertel.
Dit is die verhaal van 'n seun uit die Karoo wat in die Depressie grootgeword het. Hy het nie soos Harry Oppenheimer, 'n ander Suid-Afrikaanse miljoenêr, ryk geërf of sy miljoene uit mynbou gemaak nie. Sy Rembrandt Groep was vervaardigers wat wêreldbekend geword het met handelsmerke soos Cartier, Dunhill, Rothmans en Montblanc. Binne dekades is 'n familiedinastie opgebou wat die Ruperts, naas die Oppenheimers, die rykste familie in Afrika gemaak het.

Maar Rupert was gedryf deur veel meer as die vergaar van rykdom. Lewenslank het hy geglo in deelgenootskap en saambestaan en dit uitgeleef; gevolglik het hy telkens met die politieke leiers van die dag gebots. Hy het ook die kunste, kultuur- en natuurbewaring bevorder en het begin met oorgrensparke, 'n internasionale vernuwing wat nuus gemaak het.

'n Besielende boek wat put uit omvangryke navorsing en vele gesprekke met Rupert, sy familie en mense wêreldwyd wat hom geken het.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.