Der Artikel ist weiterhin als ^^OTHERCONDITION^^ verfügbar.
Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Gister se verlange

 Ebook
Sofort lieferbar | Lieferzeit:3-5 Tage I
ISBN-13:
9780624066521
Einband:
Ebook
Seiten:
224
Autor:
Annelize Morgan
eBook Typ:
Adobe Digital Editions
Kopierschutz:
Adobe DRM [Hard-DRM]
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

In Gister se verlange verneem Rozanne de Savoye, ná twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, dat haar moeder nog leef en haar iewers aan die suidpunt van Afrika bevind. Rozanne vertrek na die Kaap de Goede Hoop, waar vele avonture – en moontlik liefde – haar inwag. ’n Gemaskerde boosdoener probeer egter telkens om Rozanne uit die weg te ruim.
Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop raak sy vergeefs verlief op Armand le Riche, ’n aantreklike jong avonturier wat haar leer dat die liefde maar net ’n speletjie is. Rozanne se teenwoordigheid aan die Kaap skep spanning in die lewens van baie mense: Armand se ouers wat haar as ’n klein fortuinsoekster sien; die bekoorlike Angélique wat vier jaar lank op Armand se tuiskoms gewag het; Jacques le Riche, wat haar vir sy eie geldsugtige doeleindes wil gebruik; en Armand se tante wat met vrees en bewing verneem het van die jong “non” wat gekom het om die verlede oop te krap . . . Die spanning tril later snaarstyf, want ’n gemaskerde boosdoener probeer boonop telkens om Rozanne uit die weg te ruim.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.